Pretoria wil R25 miljoen vir mislukte musiekfees verhaal

Deel op

Die burgemeester, Kgosientsho Ramokgopa, sê die Metroraad wil die R25 miljoen van die organiseerders van die mislukte musiekfees verhaal.

Die fees op Cullinan oos van Pretoria, sou ‘n optrede van die Amerikaanse kunstenaar Nicki Minaj insluit. Die driedaagse fees sou eerskomende naweek plaasgevind het.

Daar was byna geen belangstelling in die TribeOne Dinokeng konsert nie en net 4000 van die 100.000 kaartjies is verkoop.

Ramokgopa het bewerings ontken dat die stad R65 miljoen op die misluke konsert verkwis het. Hy sê R40 miljoen was vir die “ontwikkeling van infrastruktuur”.

Die burgemeester sê van die R25 miljoen wat vir die konsert begroot is, was die helfte vir bemarking.

Volgens hom is 350 kunstenaars geïdentifiseer vir die vertoning, waarvan 70 persent plaaslik sou wees. Hiervan sou 40 persent van Tshwane wees.

Ramokgopa het gesê hulle kontrak met die organiseerders het voorsiening gemaak vir ‘n terugbetaling indien die konsert nie voortgaan nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.