FN sal VN nader oor Derby-Lewis se parool

Deel op

Die Front Nasionaal gaan die VN se Menseregtekommissie nader omdat Clive Derby-Lewis se mediese paroolaansoek sloer.

Die party sê in ‘n verklaring geen reaksie is ontvang van die Departement van Korrektiewe Dienste nie ondanks ‘n ondersoek deur die mediese paroolraad oor Derby-Lewis se geval in Julie.

Derby-Lewis, ‘n kankerlyer, is onlangs twee keer in die tronk aangeval wat sy gesondheid verder aangetas het.

Hy het die eerste keer in 2010 aansoek gedoen om parool.

Derby-Lewis is daaraan skuldig bevind dat hy saamgesweer het om die hoofsekretaris van die SAKP, Chris Hani, in 1993 te vermoor.

Die 78-jarige Derby-Lewis, dien ‘n vonnis van 25 jaar uit. Hy het reeds meer as 20 jaar in die gevangenis deurgebring.

Front Nasionaal sê hy sal ‘n vergadering aanvra met die minister van justisie, Michael Masutha. ‘n Formele klagte sal terselfdertyd by die VN ingedien word.

Op 12 April vanjaar het ‘n betoging vir Derby-Lewis se vrylating plaasgevind wat deur die sanger Steve Hofmeyr bygewoon is.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.