Valke-lid deel van stropersindikaat

Deel op

‘n Lid van die Valke. ‘n grootwildjagter, ‘n prokureur, en vlieënier is onder die tien beskuldigdes wat Maandag in die landdroshof in Hatfield verskyn het op 318 aanklagte wat verband hou met renosterstropery.

Die tien staar ook klagtes van diefstal en geldwassery in die gesig.

Willie Oosthuizen van die Valke, Hugo en Anton Ras, Hugo se vrou Trudie, Mandla Magagula, Joseph Wilkinson (prokureur), Bonnie Steyn (vlieënier), Arno Smit, Christopher Scheepers, en Willem van Jaarsveld is nie gevra om te pleit nie.

Hugo Ras het Vrydag in die landdroshof in Pretoria-Noord verskyn op aanklag wat ook met renosterstropery verband hou toe hy deur die Valke in hegtenis geneem is.

Die ander beskuldigdes is Vrydag in Polokwane, Ficksburg in die Vrystaat, Mamelodi, Potchefstroom en Kameeldrift in hegtenis geneem.

Volgens ‘n woordvoerder van die Valke, Paul Ramaloko, was Ras vermoedelik die leier van die stropersindikaat.

Hulle is reeds vyf jaar lank in Limpopo, KwaZulu-Natal, Gauteng en Mpumalanga bedrywig.

Hulle word daarvan beskuldig dat hulle 22 renosters tussen 2008 en 2012 gestroop het en 84 renosterhorings ter waarde van R22 miljoen onwettig bekom het.

Sowat 52 horings was vermoedelik afkomstig van gestroopte renosters terwyl die res gesteel is.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.