Onlusmakers blokkeer Goue Hoofweg suid van Jhb met klippe

Deel op

Onlusmakers in die Lehae-gebied suid van Johannesburg buite Lenasia blokkeer tans die Goue Hoofweg met klippe, volgens die metropolisie van dié stad.

Hoofsuperintendent Wayne Minnaar verklaar dat die pad vir motoriste ontoeganklik is en verkeersopeenhopings veroorsaak.

“Hulle behoort eerder die N1 of die K43 as alternatiewe roetes te gebruik,” sê hy.

Die onlus het vanoggend voor 05:00 begin. In dié stadium is dit nie helder wat die oorsaak daarvan kan wees nie.

Volgens Minnaar is daar tans polisiebeamptes op die toneel.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.