Geleerdheid bring nie wysheid nie

Deel op

Na aanleiding van die Kovsiedosente, Driekie en Derek Swemmer, wat reggestel is, het dit my herinner aan my politieke argumente met my plantkundedosent op Tukkies voor die Ja/Nee-stemreferendum. Hy wou in die klas voorgee dat die Ja-stem die intelligente en onbevraagtekenbare keuse sou wees. Ek het as enkeling die noodwendige verafrikanisering probeer skets, maar helaas die prof het my wysgemaak dat ek nog sal grootword.

My ervaring is dat dosente oor die algemeen geneig was om die NP-wanpersepsie van die utopiese reënboognasie ongetoets te sluk. Ek vermoed dit is nie tans juis anders nie. Ek kan myself dus nie sover kry om medelye te hê met die twee nie, want ons as Afrikaners moes maar almal uitspring en ‘n lewe buite om die NSA se strukture maak. Hulle regstelling is ‘n noodwendige gevolg van die NSA waarvoor hulle almal gekies het, gehoop het en nog steeds bly hoop. Die grond (plase) is die noodwendige volgende regstelling. Die revolusie omsluit alles soos wat dit maar goeie revolusies se aard is.

Die geleerdes het raakgesien dat apartheid nie meer moreel regverdigbaar was nie, maar kon nie insien dat die Afrikaner se republikeinse strewe nie apartheid is nie – toe word alles sommer opgeoffer omdat apartheid vernietig moes word.

Helaas – dis nie net die vorige swak regering wat die slagskape gesus het nie, maar ook die geleerdes.

Kry vir julle.

Vaughn

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.