Swart ontleder wat EFF steun, trap klei oor Britse koningin

Deel op

Koningin Elizabeth mag beskerm word teen kritiek in die parlement omdat sy Brits is, maar nie president Jacob Zuma nie, sê die ontleder Shadrack Gutto.

Gutto het gereageer op die ANC se sekretaris-generaal, Gwede Mantashe se oproep oor die naweek om Zuma te beskerm teen vernedering deur opposisiepartye in die wetgewer.

“Suid-Afrika het ‘n baie verskillende grondwetlike geskiedenis, en Zuma kan nie dieselfde behandeling as die koningin [Elizabeth II] as hoof van die staat in die Britse parlement opeis nie,” het Gutto gesê.

Daar is niks verkeerd met ‘n oproep om respek vir die kantoor van die president nie, sê Gutto, maar vir Zuma is dit problematies.

Gutto het, waarskynlik sonder dat hy dit besef, ‘n yslike vraagsteken geskep oor die monarg se rol in die Skotse referendum waar sy ook ingemeng het om haar mening te gee en kiesers te beïnvloed sonder dat sy self verkies is tot haar posisie.

Na afloop van die ANC se NUK-vergadering Saterdag het Mantashe ‘n verklaring uitgereik waarin die nasionale uitvoerende gesag waarsku teen ‘n “tendens van negatiewe blootstelling om die hoof van die staat te minag en met die bedoeling om te verneder”.

Zuma en adjunk-president Cyril Ramaphosa is die afgelope weke die teiken van die Ekonomiese Vryheidsvegters in die parlement wat die instelling ontwrig met onwettige en barbaarse gedrag.

Gutto het gesê die EFF het die ANC-leiers se optrede “baie sterk bevraagteken” en dit is belangrik dat die president antwoord.

Die ANC het nie reageer op versoeke vir kommentaar nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.