Tsjegge verbrand renosterhoring

Deel op

‘n Tsjeggiese dieretuin het sowat 60 kilogram se renosterhoring verbrand as deel van ‘n internasionale veldtog wat daarop gemik is om die aandag te vestig op dié diere wat deur uitwissing bedreig word, het RSG berig.

Die Tsjeggiese Republiek het die afgelope paar jaar ‘n belangrike deurgangsroete geword vir die handel in renosterhoring van Afrika na Asië.

Die Tsjeggiese owerheid het verlede jaar op die horings van 24 wit renosters van sowat 60 miljoen rand beslag gelê, en 15 lede van ‘n beweerde internasionale smokkelnetwerk aangekla.

Die Dvur Kralove-dieretuin wat sowat 150 kilometer noordoos van Praag is, het die verbranding van die renosterhoring georganiseer op die vooraand van Wêreldrenosterdag wat vandag gevier word.

Intussen is drie SANParks-werkers Sondag in hegtenis geneem vir beweerde renosterstropery in die Krugerwildtuin.

Die drie was in die laer Sabie-gebied bedrywig, het die waarnemende uitvoerende bestuurder van SANParks, Abe Sibiya, gesê,

‘n Jaggeweer, ammunisie, ‘n voertuig en stropertoerusting is in hul besit gekry. Hulle is gevang kort nadat ‘n vernielde renoster in die gebied waar die drie gewerk het, opgespoor is.

“Dis jammer dat diegene aan wie die welstand van die diere toevertrou word, na bewering nou dieselfde nalatenskap wat hulle moet bewaar, vernietig,” het hy gesê.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.