Storm om vloekende Jonathan Jansen en sy handlanger Rudi Buys

Deel op

Terwyl PRAAG reeds verskeie male ‘n oproep gedoen het dat prof. Jonathan Jansen, die vloekende, antiblanke en rassistiese rektor van die Vrystaatse Universiteit moet bedank, het ‘n storm nou in Bloemfontein losgebars. Volgens ‘n berig in Rapport, is “prof. Jonathan Jansen se messias-droom vir Kovsies… besig om in te tuimel soos TB Joshua se tabernakel”.

Alumni van die Bloemfonteinse kampus is woedend oor Jansen se “transformasie” van die kampus, wat die etniese suiwering van Afrikaners beteken. Die mees onlangse slagoffers van Jansen se antiwit haat is prof. Driekie Hay-Swemmer wat in Augustus “uit die bloute geskors en “soos ‘n misdadiger” van die kampus verwyder is, blykbaar omdat sy sonder die diktatoriale rektor se toestemming met Die Volksblad gepraat het.

Haar man, dr. Derek Swemmer, wat tans registrateur is ná ‘n swarte nie die mas kon opkom nie, is insgelyks gevra om te bedank. Met die Swemmers uit die pad, is daar slegs een blanke in die universiteit se topbestuur oor.

Aandenkings en gedenkwaardighede van die JBM Hertzog-koshuis is in Maart vanjaar van die mure verwyder
Aandenkings en gedenkwaardighede van die JBM Hertzog-koshuis is in Maart vanjaar van die mure verwyder

PRAAG het reeds voorheen die universiteit as ‘n “heropvoedingskamp” beskryf. ‘n Predikant van Stellenbosch, Rudi Buys, wat tot Amerikaanse politieke korrektheid bekeer is en slegs Engels met studente praat, tree as Jansen se handlanger op om studente te intimideer en te indoktrineer. In Maart vanjaar het Buys die huiskomitee van die JBM Hertzog-koshuis beveel om “self” die naam van die koshuis te verander. Alle foto’s van vorige huiskomiteelede en die geskiedenis van die koshuis is ook verwyder te midde van verwyte dat van die kosbaarhede “verdwyn” het.

Die Volksblad het insgelyks in Maart ‘n opname van die vergadering – waartydens Buys slegs Engels met ‘n swaar Afrikaanse aksent gepraat het – vrygestel waarin hy as studentedekaan die huiskomiteelede en studente voor die ultimatum stel dat hulle die naam van die koshuis onmiddellik moet verander. Hulle moet ook ophou om ‘n vlagparade voor die koshuis te hou, al word die nuwe Suid-Afrikaanse vlag daar gehys, want “dit herinner aan apartheid en mense wat dink dat hulle beter as ander is”.

Hier is die opname van die byna uur lange “gesprek” wat Die Volksblad op Soundcloud beskikbaar gestel het:

[soundcloud id=’140666879’]

Die publisiteitshonger Jansen wat die universiteit gedwing het om vir hom ‘n persoonlike skakelbeampte aan te stel om sy eie publisiteit te reël, verseg tans om met die media te praat. Kritiek wat daar tans teen Jansen uitgespreek word, is die volgende:

  • sy etniese suiwering van Afrikaners en blankes uit die universiteit;
  • sy obsessie met ras, want hy herlei alles na ras;
  • sy hantering van die vals klag van rassisme teen twee studente, Cobus Muller en Charl Blom wat intussen deur sowel die Menseregtekommmissie as die landdroshof vrygespreek is, maar wat heel jaar lank geskors is en daardeur loopbaansgewys benadeel is;
  • sy gevloek in die openbaar waar hy lustig die “f-woord” in formele situasies voor ‘n gehoor gebruik;
  • godslasterlike uitlatings teen Christene;
  • opmerkings deur Jansen dat “oudstudente geen rol op die kampus het nie” en wat veroorsaak het dat alumni hul finansiële bydraes aan die universiteit gestaak het.
Jonathan Janse, 'Führer van Kovsies wat net soveel eerbied soos Jesus Christus verdien'
Jonathan Jansen, ‘Führer van Kovsies wat net soveel eerbied soos Jesus Christus verdien’, volgens sy handlanger Rudi Buys

Mnr. Paul Colditz van Fedsas het vandeesweek vanuit die raad van die universiteit bedank omdat hy hom nie langer met Jansen se dikatoriale en onprofessionele optrede kan vereenselwig nie. Volgens Die Volksblad het hy “bedank om sy integriteit te beskerm en om hom van die optrede van die universiteitsbestuur te distansieer. Ek is bitter ontevrede met die UV se nie-prosedurele optrede, veral rakende die skorsing van prof. Driekie Hay, die gewese viserektor, en die hantering van die Kovsie-studente Charl Blom en Cobus Muller.”

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.