Oop Moskee open in Wynberg

Deel op

Die eerste diens van die nuwe sogenaamde Oop Moskee in Wynberg, Kaapstad, word Vrydag met etenstyd gehou.

Die stigter van die moskee, professor Taj Hargey, sê hy sal die diens in Engels waarneem. Hy sê die moskee sal toeganklik wees vir alle nie-Moslems en homoseksuele en vroue sal gebede kan lei.

Hargey is ‘n professor van Islamitiese studies en Afrika-geskiedenis aan die Oxford-universiteit in Brittanje.

Maar te oordeel aan die reaksie teen die moskee, is die Reënboognasie nie te vinde vir die gedagte nie. Die professor het glo doodsdreigemente gekry.
 
Die moskee, sê Hargey, sal Islam volgens sy oorspronklike heilige teks, die Koran interpreteer. Hy sê die moskee sal harde kerninterpretasies, soos dié wat gelei tot godsdienstige konflikte tussen Moslems in Irak, Somalië en Nigerië verwerp.
 
“Ons het ‘n teologiese mafia wat die Moslemgemeenskap beheer,” het Hargey gesê.
 
Vroue en mans kan voortaan dieselfde ingang gebruik, en hulle kan saambid in dieselfde saal sonder skeidsmure. Vroue sal ook deel van die moskee se uitvoerende raad wees en sal toegelaat word om gebede te lei.
 
Die moskee is oop vir alle Moslems asook mense van alle gelowe en tref geen onderskeid tussen verskillende groepe nie.

Verder het Hargey gesê, sal die moskee oop wees vir gay gelowiges maar sal nie gay huwelike voltrek nie aangesien dit deur die Koran verbied word.
 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.