President van Oekraïense junta kry staande applous in Washington

Deel op

Die president van die Oekraïense junta, Petro Poroshenko, het `n gesamentlike sitting van die Amerikaanse Kongres in Washington toegespreek te midde van betogings tuis in Kiëf om hom te ontsetel.

Hy het voorheen sy steun aan vredespogings toegesê, maar intussen klaarblyklik van plan verander en Rusland se “anneksasie” van die Krim-Skiereiland veroordeel asook hul “aandeel” in die afskiet van vlug MH17 waarin byna 300 slagoffers omgekom het.

Die Russiese Vereniging van Ingenieurs het Donderdag ‘n verslag vrygestel wat toon dat die lugramp waarskynlik deur die Oekraïne veroorsaak is.

Die sjokeladekoning het Rusland se beweerde “aggressie teen die oostelike Oekraïne as ‘n bedreiging vir wêreldvrede” voorgehou voor ‘n waarderende Kongres wat hom staande applous gegee het.

Poroshenko het ook `n beroep op “dodelike” Amerikaanse militêre hulp gedoen om pro-Russiese selfverdedigingsmagte te beveg.

President Barack Obama het Rusland se betrokkenheid in die Oekraïne veroordeel, maar nie die VSA se aandeel in die staatsgreep wat die land gedestabiliseer het nie.

Hy het egter teruggedeins van openlike “dodelike” Amerikaanse militêre hulp en gesê hulp sal glo tot nie-gevaarlike toerusting beperk word.

‘n Brose skietstilstand heers tans in die ooste van Oekraïne, waar meer as drieduisend mense reeds sedert April omgekom het weens die oorlog wat Poroshenko en sy voorgangers teen hul eie inwoners verklaar het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.