Vier veldbrande woed in Krugerwildtuin

Deel op

Die Nasionale Krugerwildtuin het sy kommer oor veldbrande in die park uitgespreek.

Die park se woordvoerder, William Mbasa, sê vier veldbrande woed tans en personeel moet bontstaan om die brande onder beheer te bring. Warm toestande die afgelope week maak dit nog moeiliker, het hy gesê.

Hy het ‘n dringende beroep op mense in die omgewing gedoen om nie veldbrande te stig nie.

Volgens Mabasa, het ‘n veldbrand Vrydag in Mosambiek uitgebreek en daarna oor die grens binne die Park beweeg.

Die veldbrand het intussen weiding suid van die Olifantsrivier, by Houtboschrand, Nwanetsi en Tshokwane vernietig.

Mbasa sê alles moontlik word intussen gedoen om die brande te blus.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.