Boer doodgemartel

Deel op

Sarel Janse van Rensburg, 75, is Donderdag op die plaas Froggy Pond naby Dullstroom doodgemartel. Hy is die vyfde slagoffer van ‘n plaasmoord in Limpopo die afgelope twee maande.

Twee jaar gelede is Van Rensburg se broer en skoonsuster in ‘n plaasaanval in Limpopo vermoor.

Sy ouer broer, Johan en skoonsuster, Gloudien, is in Junie 2012 op hul plaas naby Baltimore vermoor.

Claudine van Wyk, Janse van Rensburg se dogter, was in 2012 Mev. Verenigde Nasies vir die provinsie.

Haar pa is herhaaldelik met ‘n ysterstaaf teen die kop geslaan, met ‘n mes in die bors gesteek en in die kop geskiet. Die wewenaar sou in November sy 76ste verjaardag gevier het.

Hy was alleen toe twee swartes wat kom water vra het, hom oorval het. Janse van Rensburg is volgens die polisie eers met ’n staalstaaf geslaan voordat hy met sy eie skoenveters vasgebind is.

Hy is daarna deur die swart aanvallers met ‘n mes in die bors gesteek en in die kop geskiet.

Die twee swartes – 21 en 25 – wat onder meer ‘n geldtrommel gesteel het, is intussen gearresteer. Die polisie het die twee met die trommel betrap.

Een was voorheen gevang vir huisroof.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.