EFF trek middelvinger terug

Deel op

Twee EFF-leiers is uitgegooi uit die Parlement vir ‘n tweede keer, maar die party se hoofsweep Floyd Shivambu het belowe om sy middelvinger teen Cyril Ramaphosa “in die openbaar terug te trek”. Die handgebaar is vasgevang op parlementêre TV-beeldmateriaal.

In ‘n verklaring Donderdag, het Shivambu probeer om sy optrede teen die adjunkpresident Ramaphosa kort nadat hy die Nasionale Vergadering moes verlaat, te verduidelik.

“In die proses om die Vergadering te verlaat, het ek my middelvinger vir mnr Ramaphosa gewys,” het Shivambu gesê.

“Ek het egter besef die middelvinger was nie nodig nie, want daar is platforms om die uiterste afgryse oor mnr Ramaphosa se ​​rol in Marikana uit te spreek en oral anders waar hy betrokke is.”

“Daar bestaan ruimte en tyd om eerlik en opreg waarnemings oor sy rol in die teenrevolusie uit te spreek,” het hy gesê.

Die Demokratiese Alliansie (DA) se parlementêre leier, Mmusi Maimane het Donderdag ook teen Ramaphosa te velde getrek saam met die EFF.

Maimane het gesê Ramaphosa moet erken dat sy e-pos wat die onrus as ‘n kriminele daad beskryf, die situasie vererger het. Maimane wou weet of Ramaphosa sal bedank indien die Farlam kommissie hom skuldig aan die oortreding bevind.

Twintig EFF-parlementslede sal intussen hulle wangedrag-klagstate ontvang.

Die voorsitter van die magte en voorregte-komitee in die Parlement, Lemias Mashile, sê die klagtes hou verband met die ontwrigting van president Jacob Zuma se antwoordsessie in die Nasionale Vergadering bykans ‘n maand gelede.

Hy sê die persoon wat die getuienis in die wangedrag-ondersoek sal lei, Randal van Voore, het al die klagstate gefinaliseer.

Die ondersoek sal op 30 September gedoen word. Mashile sê die EFF-lede staar verskillende klagtes in die gesig.

Dit sluit in die verontagsaming van ‘n instruksie van die Speaker van die Parlement, die ontwrigting van die parlement en deelname aan die ontwrigting.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.