Skotland stem teen onafhanklikheid

Deel op

Op die lang pad na die Skotse referendum van Donderdag, staan drie geleenthede ​​uit, sê historici en politieke wetenskaplikes. Elkeen was die gevolg van sowel politieke waaghalsigheid as uitgeslape leierskap.

Die besluit in 1989 deur die Eerste Minister Margaret Thatcher – wat reeds ongewild was nadat sy staalfabrieke en steenkoolmyne gesluit het – om belasting in Skotland te hef nog voor die res van Brittanje moes opdok, was die eerste stap.

Daarna het die besluit deur Tony Blair gevolg om ‘n referendum in Skotland te hou oor groter outonomie in 1997, wat twee jaar later gelei tot die vestiging van ‘n Skotse Parlement vir die eerste keer sedert 1707.

Dit het ten laaste aanleiding gegee tot die verpletterende 2011-oorwinning van die Skotse Nasionale Party, wat gewen het met ‘n algehele meerderheid in die Skotse parlement met ‘n mandaat om ‘n referendum oor onafhanklikheid uit te roep.

Maar Skotland het gister teruggedeins van outonomie.

Skotland het onafhanklikheid in Vrydag se referendumuitslag met sowat 55% verwerp. Die unie van 307 jaar het oorleef, hoewel meer magte oorgedra sal word na die gebied.

Die leier van die Skotse Nasionaliste, Alex Salmond, het intussen op sy webblad die slagspreuk verander na “Een Skotland”.

Alhoewel die sleutelkiesafdeling van Glasgow vir onafhanklikheid gestem het, was dit nie met ‘n besonder groot voorsprong nie, ‘n noodlottige slag vir die Ja-stemmers.

‘n Finale aangekondig vroeg Vrydagoggend moet nog gemaak word, maar met Edinburg wat oorweldigend Nee gestem het, is daar min twyfel dat die Engelse se vreespsigose in ‘n byna volledige media-aanslag teen die Skotte gewen het.

Greg Waddell, ‘n dokter in Glasgow, sê hy het Ja gestem, “want ontmagtiging kweek afhanklikheid; omdat die huidige mate van sosiale ongelykheid in Skotland elkeen van sy mense verneder.”

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.