Aantal slagoffers van kerk-ramp in Nigerië onbekend

Deel op

Die Minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Maite Nkoana-Mashabane sê `n rampbestuurspan het gisteraand na Nigerië vertrek om te bepaal hoeveel Suid-Afrikaners dood is toe ‘n kerkgebou in Lagos ineengestort het.

Nigeriese amptenare sê 70 liggame is in die puin van die gebou gevind. President Jacob Zuma het vroeër in `n verklaring gesê dat 67 van sy landgenote in die ongeluk dood is.

`n Woordvoerder van Nigerië se nooddiens-agentskap, Ibrahim Farinloye, sê Zuma is nie in Nigerië nie en dit is te vroeg om te bespiegel waar die slagoffers vandaan gekom het, het RSG berig.

Die gebou het inmekaar gestort terwyl werk aan die gang was om nog verdiepings by die gastehuis by die prediker, T.B. Joshua se kerk te voeg.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.