Reuse terro-klopjag in Australië voor G20

Deel op

Intelligensieverslae toon dat ISIS-militante van plan was om ‘n lid van die publiek in Australië te onthoof, het premier Tony Abbott Dinsdag gesê.

Honderde lede van die polisie het ‘n klopjag op huise gedoen in ‘n radikale teen-terrorisme operasie.

Abbott het gesê daar is ‘n “ernstige risiko van ‘n terroriste-aanval” enkele dae nadat Australië sy nasionale terreurbedreigingsvlak vir die eerste keer na “hoog” opgeskuif het. Die verhoogde waarskuwing kom glo weens die waarskynlikheid van aanvalle deur radikale Australiërs in Irak of Sirië.

Australië, wat die G20-leiersberaad in Brisbane in die middel van November aanbied, is bekommerd oor die getal van sy burgers in die buiteland wat by Islamitiese militante groepe aangesluit het.

Tesourier Joe Hockey het daarop aangedring dat die nodige voorsorgmaatreëls in plek gestel is vir die G20-leiersberaad. Hy het gesê die klopjagte sal nie die nwaweek se G20-vergadering in Cairns raak nie.

Meer as 800 Australiese polisiebeamptes het deelgeneem en 15 mense in hegtenis geneem nadat talle eiendomme in Sydney en Brisbane deursoek is.

Reuters het Donderdag berig dat militante verbonde aan die Islamitiese Staat (ISIS) beplan het om iemand op straat in Sydney te gryp en in die openbaar te onthoof, en ISIS se vlag oor die persoon te drapeer.

Ernstige aanklagte van terrorisme is teen een van die 15 verdagtes gebring. Hy sal binnekort in die hof verskyn.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.