Handelsooreenkoms tussen EU en Oekraïne drup van ironie

Deel op

Alhoewel die ondertekening van ‘n handelsooreenkoms tussen die EU en die Oekraïne as ‘n oorwinning bestempel sal word, is die ironie daarvan dat dit sonder die omverwerping van die vorige regering beter sou geslaag het.

Die wettig verkose president Janoekowitsj wat in Februarie vanjaar deur ‘n staatsgreep verwyder is, het nie die EU-ooreenkoms hoegenaamd uitgesluit nie. Hy het net beswaar gemaak teen die EU se aandrang dat Rusland nie moet deelneem nie.

Dit moes gedoen word sodat die Oekraïne ten minste ‘n paar van sy energiesubsidies kon behou en nie sy status as begunstigde van uitvoere na Rusland – ‘n groot koper van Oekraïense produkte – prysgee nie.

Nou is Rusland pens en pootjies deel van die ooreenkoms en albei voordele verlore.

Janoekowitsj wou eintlik met beide Oos en Wes saamwerk tot voordeel van sy land wat geografies veral goed geplaas is as ‘n poort tussen die twee.

Die Oekraïne word aan die gang gehou deur Russiese subsidies, wat huur vir die Swart See-vlootbasis 20 jaar vooruit ingesluit het.

Rusland se legitieme bekommernis is dat al sy beleggings in die Oekraïne deur bankrotskap opgevreet sal word met die Weste wat Kiëf onder lenings sal toegooi en dan op gewone manier eise begin stel oor die oorhandiging van bates wat eintlik aan Rusland behoort.

Een vreemde voorbeeld van so ‘n lening is die GMO-saadklousule in die eerste “hulpleningspakket” aan die post-staatsgreepregering, ‘n baie eienaardige topprioriteit vir die EU-blok om Monsanto se belang skielik voorop te stel. Dit sou die Oekraïne se landbou vir die Monsantomonopolie oopstel met die staatsgreep, terwyl energie ‘n veel groter prioriteit vir die EU, Kiëf en Rusland is.

Dit is egter voorgehou as ‘n manier om Georgië, nog ‘n pro-Amerikaanse gasheer, se landboustatus af te takel.

Sanksies deur die EU help nie met die gewildheid van leiers van die EU nie. Hollande is gebrande Franse roosterbrood. Die Britte se “wêreldmag”-geskenkpapier is minder mooi sonder Skotland en ons sien ‘n groeiende verset teen Merkel, die soort waar haar verwydering as die enigste oplossing vir haar gekke optrede bespreek word.

Die woede is nie net oor die ekonomiese ramp wat dreig na al die harde werk deur Duitse maatskappye om die sterkste ekonomie in Europa te bou nie, maar ook NAVO se spierbultery teen Rusland – blykbaar alleen tot voordeel van LockheedMartin – wat nog ‘n groter ramp sal skep.

Die yslike agterstallige bedrae skuld wat Kiëf vir gas moet opdok, sal dus nie verdwyn nie want Kiëf kon nie hul etniese uitwissing van Russe tot ‘n volskaalse oorlog uitbrei nie en het trouens ‘n groot pakslae gekry in die Donbass.

Die afskiet van MH17, die dood van honderde Nederlanders en ‘n gevingerwys na Rusland sonder enige bewyse het ook nie gehelp om Wêreldoorlog III te loods nie.

Wanneer die Oekraïne se skuld die 60%-merk oorsteek, kan Rusland ‘n opsie uitoefen wat sy $2 miljard-lening betref. Dit lyk asof dit teen jaareinde op 66% sal staan. Dus hou Moskou die bankrotskapkaart teen Kiëf wat ‘n yslike verlies vir die EU se banke sal beteken.

Al wat die EU en die Kiëf-junta sover gewen het is dus onbenullige burokratiese inkgevegte, terwyl hulle hul IMF-lening weggesmyt het in ‘n dom, tevergeefse poging om die Oos-Oekraïne etnies te suiwer.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.