Man wat in gesig geskiet is, jaag weg vir kapers

Deel op

Wayne Heenop en Janesque Vorster het albei skraps met hul lewens daarvan afgekom toe ’n koeël deur Vorster se motor se kopstuk getrek het en Heenop in die wang getref is.

Heenop moet Woensdag dié koeël by die Steve Biko Akademiese-hospitaal laat verdwyder nadat dit sy wangbeen vergruis het.

Hy en Vorster, Pretoria Tuine-inwoners, was omstreeks 22:00 Saterdagaand op pad huis toe na hulle Vorster se broer, Jaun-Jacques, by die OR Thambo-lughawe gaan haal het.

Vorster het gesê hulle was net so voor die Irene-afrit op die R21 toe daar ’n skoot van die pad se rigting na hul voertuig afgevuur is.

Sy vermoed net een skoot is gevuur.

Die koeël het dwarsdeur die sitplek se kopstuk getrek en Heenop in die wang getref.

“Gelukkig het ons nie afgetrek nie want ek vermoed die rowers sou ons gekaap het. Wayne het net aanhou ry selfs al het hy duiselig geword,” het sy gesê.

Vorster is dankbaar dat die voorval nie erger was nie en sy dank God dat Hy sy hand van beskerming oor hulle gehou het.

“Ek het nie geweet wat om te doen nie. Ek was so geskok,” het sy gesê.

Bron: Centurion Rekord

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.