‘Replika’ van Mandela-tronksel ‘n klaaglike foefie

Robbeneiland trek nie meer besoekers wat oud-terroris Nelson Mandela se tronksel wil sien nie.

Met die afname in belangstelling, het Denis Goldberg besluit om die foefie na die vasteland te bring om skoolkinders te indoktrineer. Goldberg was een van die politieke gevangenes wat deel was van die Rivonia-verhoor, ‘n groep Joodse kommuniste wat terreur in Suid-Afrika gepleeg het.

Mandela se tronksel op Robbeneiland het deur die jare egter ‘n uiters vreemde transformasie ondergaan.

Tydens sy aanhouding was dit vol boeke op sy boekrak en ‘n bed met ‘n matras en kussing, ‘n stoel en lessenaar soos foto- en filmmateriaal van selfs CNN, of die Johannesburgse digitale argief duidelik aantoon.

Foto’s van swart Amerikaanse sterre soos Beyoncé wat by die tronksel poseer, wys die rak en bed in die agtergrond.

Met President Obama se besoek het die kamer skielik die bed, matras, boekrak, tafel en stoel verloor!

Die getransformeerde “replika” van die tronksel is Dinsdagoggend by die Nelson Mandela Gateway in die V&A Waterfront in die Moederstad bekend gestel.

Die “replika” wat ‘n totale versinsel blyk te wees, is deur gevangenes van die Pollsmoor-gevangenis gebou en dit word nog tot môre in die V&A Waterfront uitgestal. Van daar word dit in Oktober na die Kaapstad-biblioteek geskuif.

Die “replika” het ook ’n interaktiewe webtuiste, www.mandela27.eu. waar die nou kaalgestroopste ruimte en klaaglike propagandafoefies besigtig kan word.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.