Hulpgeld en troepe teen ebola-virus ontplooi

Deel op

Die Australiese regering het aangekondig dat hy onmiddellik nog geldelike hulp van sowat R60 miljoen gaan stuur vir die internasionale aksieprogram om die ebola-epidemie in Wes-Afrika te stuit.

Australië het voorheen R10 miljoen geskenk.

Julie Bishop, die minister van buitelandse sake, het Woensdag in ‘n verklaring gesê die geld sluit die R20 miljoen in wat Brittanje versoek het om mediese dienste in Sierre Leone te verskaf.

President Barack Obama het Dinsdag aangekondig dat die VSA troepe teen die ebola-virus in Wes-Afrika sal ontplooi.

Om die epidemie te stuit sal 3 000 Amerikaanse weermagpersoneel soontoe gestuur word om ‘n gesondheidsprogram te begin.

Dit sal ‘n gedwonge inentingsveldtog insluit met middels wat glo nog nie voorheen getoets is nie.

UNMIL, die VN se militêre ontplooiing na Liberië is in 2003 op die been gebring om ‘n skietstilstandooreenkoms te versterk na ‘n burgeroorlog wat byna 150,000 Liberiërs – meestal burgerlikes – uitgewis het en nog 850 000 gedwing het om te vlug na naburige lande.

Die missie hou tans 4619 militêre personeel in Liberië. Die Veiligheidsraad het pas ingestem om die sending te verleng tot Desember deser.

Obama gaan na Atlanta reis waar hy die Amerikaanse gesondheidshoofde sal ontmoet. Dit is deel van ‘n wêreldpoging om die epidemie, wat reeds 2 400 lewens geëis het, die hoof te bied.

Dit word beskou as die ergste ebola-epidemie nóg en dit het reeds versprei deur Liberië, Sierra Leon, Nigerië en die Demokratiese Republiek van Kongo.

Die Amerikaanse hulp sal hoofsaaklik gefokus word op Liberië, wat sover die ergste getref is.

Die Verenigde Nasies het Woensdag gesê dat byna $1 miljard vir ‘n uitsonderlike, internasionale reaksie op die ebola-epidemie in Wes-Afrika nodig is.

Die Sekretaris-generaal Ban Ki-moon het verklaar: “Elke dag wat ons terughou, sal die koste en die lyding eksponensieel groei.”

“Dit is nie net ‘n gesondheidskrisis nie, maar dit het ernstige humanitêre, ekonomiese en maatskaplike gevolge wat ver buite die betrokke lande kan versprei,” het die sekretaris-generaal gesê op ‘n perskonferensie by die VN se hoofkwartier.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.