Beeld snuffel nog ‘n ‘groen-rassis’ uit

Deel op

Volgens Beeld het die sanger Jakkie Louw sy kop “in ’n rassebynes gesteek” op Facebook toe hy na ‘n vermeende swart dief ‘n “donkergroen mannetjie” genoem het. Sy skootrekenaar en foon ter waarde van R50 000 is geroof.

Hy is in Walvisbaai, Namibië besteel deur vermoedelik ‘n swart karwag.

“As jy in Walvis bly en ’n donkergroen mannetjie sien met so ’n sak (wat gesteel is) . . . Inbox my . .  . Ek’s nou daar,” het hy op sy Facebook-muur geskryf.

Louw sê dit was ‘n “komiese manier” om na die kort swart motorwag te verwys, maar Beeld het dit vergelyk met Sunette Bridges wat in 2010 aangeval is as ‘n ver-regse rassis toe sy na ‘n “groenie” verwys het.

Louw se paspoort was ook in die sak wat gesteel is. Louw is sedert Donderdag in Walvisbaai vir twee welwillendheidskonserte en sou Sondag teruggekeer het Suid-Afrika toe.

Hy vermoed sy motor se afstandbeheersein is onklaar gestel toe hy die motor wou sluit.

Lousw sal byna ‘n week moet wag vir ‘n noodpaspoort.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.