Jongste rassevoorval by UP skok studente

Deel op

Die Universiteit van Pretoria (UP) het bevestig dat hy ondersoek instel na ‘n beweerde rassevoorval waar swartes wit studente gedreig het.

‘n Woordvoerder van die universiteit, Nicolize Mulder het gesê die beweerde voorval is Maandag onder UP se aandag gebring en dat ‘n ondersoek sal volg.

Twee ongeïdentifiseerde swart studente van Kollege Tehuis rassistiese uitlatings en dreigemente teenoor wit studente by die hekke van die Taaibos-koshuis geuiter. Die voorval het glo die aand van 4 September plaasgevind.

“Die een student het wit studente gevloek, en geskree dat hy wit mense haat en dat hy al die wit mense wil doodmaak.” Die dreigemente het Taaibos-studente diep ontstel, het een Taaibos-inwoner gesê.

UP-sekuriteit het video-opnames van sekuriteitkameras by die hek asook data van die sekuriteitshekke.

In ‘n ander voorval op kampus het swart dienspersoneel ‘n wit student Maandag agtervolg met seksuele voorstelle. Sy het weggehardloop en in ‘n lesingsaal gaan wegkruip.

Wit studente kla ook dat hulle aanmekaar lastig geval word deur swartes wat net buite die kampus bedel en aggressief optree, veral oppad na Hatfield se Gautreinstasie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.