Spuende generaal wat wittes haat kos SANW halfmiljoen

Deel op

Die hooggeregshof in Kimberley het beslis dat swart weermaglede adjudant-offisier At Malan onregmatig in hegtenis geneem en aangerand het omdat hy sy werk gedoen het.

Hy is deur die weermaglede aangerand en daarna weer deur ‘n swart vroue brigadier-generaal wat aan hom gesê het dat sy wittes haat terwyl sy op die grond langs hom gespuug het.

Dié siviele saak wat meer as vier jaar geduur het, kan die Suid-Afrikaanse Weermag sowat ‘n halfmiljoen rand kos.

Dit volg na ‘n hofuitspraak dat lede in die weermag se topstruktuur onregmatig opgetree het en hulle mag misbruik het.

Die brigadier-generaal wat by die voorval betrokke was, is glo ‘n kandidaat om die nuwe hoof van die leër te word.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.