MRK herhaal weer dat plaasmoorde gewone misdaad is

Deel op

Dr. Chris de Kock, voormalige hoof van die polisie se misdaadinligting­analisesentrum (Mias), het Maandag voor die Menseregtekommissie (MRK) in Johannesburg getuig dat roof die motief vir plaasaanvalle is.

De Kock is tans ‘n “onafhanklike misdaadkonsultant” wat geroep is om te getuig oor plaasmoorde.

Die MRK hou tans ‘n sitting oor “plaasveiligheid” en die invloed daarvan op “menseregte in landbougemeenskappe”.

De Kock het gesê in 95% van plaasaanvalle is roof die motief. Hy het gesê rassisme is nie die hoofoorsaak nie en gebeur slegs in die “hitte van die oomblik”.

Alhoewel De Kock onomwonder verklaar het dat plaasmoorde nie rasgedrewe is nie, het hy erken dat daar geen “deeglike ontleding van die dossiere” bestaan “om die diepliggende motiewe” daaragter te bepaal nie.

Dit is dus nie duidelik hoe hy weet dat plaasmoorde nie rasgedrewe is nie.

Suid-Afrika se voormalige minister van intelligensie, Ronnie Kasrils, sing reeds dekades lank saam met swart politieke rolspelers, “Kill the Boer”, naamlik dat Afrikaners uitgewis moet word.

Plaasmoorde het glo die afgelope tien jaar gedaal, terwyl huisrooftogte gestyg het, het De Kock gesê.

Hy het bygevoeg dat huisrooftogte in dorpe en stede net so gewelddadig as rooftogte op plase is. De Kock het nie gespekuleer oor die rassegronde vir huisaanvalle nie.

Die ATKV het by monde van Danny Titus gesê die slagoffers wat aanvalle oorleef, moet “sensitief” behandel word. Titus meen blykbaar dat hulle andersinds ‘n probleem kan word vir die ANC se openbare betrekkinge veldtog om plaasmoorde as “roof” voor te stel.

Die geleentheid is gereël op aandrang van AfriForum wat ‘n bundel met klagtes oor plaasmoorde aan die MRK oorhandig het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.