Die Staat het ‘n hulppakket goedgekeur wat Eskom in staat sal stel om lenings van ‘n bykomende 50 miljard rand te bekom.
Eskom is onder finansiële druk omdat sy uitgawes deur sy inkomste oorskry word weens swart wanbetalers, duur konsultante en verdagte kontraktuele verpligtinge.
Die Tesourie sê die regering sal ook Eskom se aansoek by die Energiereguleerder, Nersa steun vir tariefaanpassings.
Vroeër vanjaar het ‘n afgradering deur die graderingsagentskap, Moody’s ‘n geleentheid geskep vir korporatiewe aasvoëls om voordeel te verkry indien die kragreus geprivatiseer sou word.
Eskom het Saterdag aangekondig dat die eerste opwekkingseenheid van die nuwe Medupi kragstasie by Lephalale in Limpopo, in Desember by die nasionale kragnetwerk ingeskakel sal word.