Drie vas na moord op Lens-egpaar

Deel op

Drie swart mans, waarvaan twee onderskeidelik 52 en 27 jaar oud is, sal Maandag in die landdroshof op Utrecht in Mpumalanga verskyn op aanklagte van moord en huisbraak.

Die drie verdagtes is Vrydag naby Piet Retief in hegtenis geneem in verband met die plaasmoord op die Lens-egpaar in KwaZulu-Natal.

Hulle is met die rewolwer wat aan die eienaars van die plaas Commissiekraal behoort het, betrap.

Die verdagtes het die vuurwapen by hulle gehad wat vermoedelik tydens die aanval op die plaas in die Groenvlei-gebied buite Paulpietersburg gesteel is.

Die KwaZulu-Natalse Provinsiale Kommissaris, luitenant-generaal Mmamonnye Ngobeni, het gesê dit is ‘n deurbraak en hulle sal probeer vasstel of die aanvallers by ander voorvalle betrek kan word.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.