Willemse – ‘n sensitiewe anti-Afrikaner

Deel op

Hein Willemse is duidelik iemand wat bewondering in sekere kringe afdwing; ’n sensitiewe persoon met integriteit want is alle anti-Afrikaners en anti-Afrikaanse mense nie sensitief en oorlopend met integriteit nie?

Deel op

Om darem te dink met watter lydsaamheid hy in so ’n nou verbintenis leef met die Afrikaner, Die Onderdrukker, soos Willemse hom beskryf. Kyk net hoe het hy die ander wang gedraai deur na die skool toe te gaan wat Die Onderdrukker gebou het en hoe hy daarna na die universiteit toe is wat Die Onderdrukker voorsien het. Kyk nou net die verdraagsaamheid waarmee hy vir die mediagroep werk wat die Onderdrukker op die been gebring het en met watter sensitiewe insig hy kommentaar lewer op ’n foto-essay uit die lyfblad van die lugdiens wat Die Onderdrukker opgerig het.

Maar, sensitief en geduldig of nie, jy kan darem nie sê Hein Willemse is nie skerpsinnig nie. Hy weet wat of wie die vuilgoed in die verhaal is. Al daardie edele mense met integriteit in die swartwoongebiede is onderdruk deur… nee, nie Die Onderdrukker nie… maar die taal van die onderdrukker…

Ek kan op hierdie trant voortgaan maar ek is bang meneer Willemse kom nie ten volle agter hoe snedig ek is nie. Sy siening in sy rubriek oor Afrikaans en die Soweto-opstande verdien niks anders nie. Hy praat van die “skandvlek van Afrikaans.” En wat presies is hierdie onuitspreeklike skande wat Afrikaans oor al die (blanke) sprekers daarvan gebring het? Dit is as ’n vak in skole in Soweto aangebied. Hieroor is meneer Willemse en die res van die anti-Afrikaanses baie verontwaardig. Maar verontwaardiging het net waarde in die bestendige toepassing daarvan. Hoekom is Engels, die taal van ’n globale onderdrukker, nie ook saam met Afrikaans in die skandeblok nie? Die rassistiese Mbeki-regime dwing dit na alles op ons almal af. Hoekom word Frans, die taal van twee droewige koloniale moondhede, nie met dieselfde nyd aangeval nie? Of Duits of Japannees of Russies nie? Want hierdie tale is onkwesbaar en die anti-Afrikaanses is venynig soos koringkrieke: As hulle ’n seerplek sien, sak hulle op die gewonde toe en Afrikaans is tans uiters kwesbaar.

’n Taal is moreel neutraal. Ja, die onderhouers van apartheid het hoofsaaklik Afrikaans gepraat maar om die taal ’n sondebok te maak is net so sinvol as om die organe wat die klanke daarvan produseer, te beskuldig. Kan ons verwag dat Mnr. Willemse binnekort ook – ter wille van konsekwentheid – ook gaan uitvaar teen tonge en stembande?

для отопленияФільчаков Олександр Васильович прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.