Kaapse vrou vir ebola getoets

Deel op

‘n Kaapse vrou word tans in Lagos vir ebola getoets nadat sy glo simptome van die siekte getoon het, het die Nigeriese gesondheidsowerhede Donderdag gesê.

Die vrou, wie se naam nie bekend gemaak is nie, is van Marokko via Lagos op pad huis toe en het in Guinee en Sierra Leone gewerk. Sy het op ’n gesondheidsvraelys wat sy op die Lagos-lughawe ingevul het, aangedui sy ly tans aan diarree en braking wat albei simptome van ebola is.

Sy is na die Ebola-sentrum in Lagos geneem vir toetse om te bepaal of sy wel die virus het. Dit sal ’n paar dae neem om die uitslag te bepaal.

“Sy was sedert April in Guinee en Sierra Leone . . . en sy het simptome,” het dr. Morenike Alex-Okoh, direkteur van gesondheid by die lughawe, gesê.

Sowat 2 300 mense is reeds aan die siekte dood. Die meeste gevalle kom voor in Liberië, Sierra Leone en Guinee, maar siek reisigers het die virus laat versprei na Nigerië en Senegal.

“Nigerië kan nie bekostig om nog ’n ‘ingevoerde’ Ebola-geval te hê nie,” het dr. Aileen Marty, ’n professor van die Florida International University College of Medicine, gesê.

Sy help die Nigeriese owerhede om mense wat die land binnekom vir die virus te ondersoek. Sy het gesê die Suid-Afrikaanse vrou se simptome is erg en sy het die gevaargebiede besoek.

Die simptome kan ook weens cholera of malaria wees.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.