Vertroue in finansiële sektor daal agv African Bank-fiasko

Deel op

‘n Onlangse opname deur Merchantec van 1 000 uitvoerende beamptes toon dat vertroue in die finansiële sektor met 17,2% gedaal het as gevolg van die ineenstorting van African Bank.Die telling van die sektor het van 55,1 punte in die tweede kwartaal tot 45,6 punte in die derde kwartaal gedaal.Hoofde van maatskappye in alle sektore dui aan dat hul vertroue in die ekonomiese toestand in Suid-Afrika afneem. Hoofde se vertroue in hul eie maatskappye se vooruitsigte en bedryfsgroei is ook besig om te daal met onderskeidelik 3,6% en 0,8%.

Verbruikersdienste het die tweede grootste afname in vertroue geregistreer, met ‘n daling van 10,8% vanaf ‘n telling van 55,4 tot onder die neutrale punt, na 49,4 punte.

Grondstowwe het vir die derde kwartaal die grootste toename in vertroue getoon, met ‘n beduidende styging van 18,6% vanaf 45,4 tot 53,9 punte.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.