Suid-Afrika sal in anargie verval tensy daar grondonteiening sonder vergoeding plaasvind, het EFF-leier en marionet vir buitelandse belange, Julius Malema Donderdag gesê.
Malema se Joodse hanteerder, Kim Heller het intussen op Twitter losgetrek oor Steve Biko wat deur “apartheid” vermoor is.
Malema se werklikheidsvreemde tirade is volledig op ‘n ideologiese lees geskoei. Die platteland van Suid-Afrika besig om leeg te loop omdat jong swartes juis nie in grond belangstel nie, maar in stedelike konsumpsie.
Malema het klaarblyklik onbeperkte toegang tot die media om sy dreigemente en opswepery teen die wit minderheid voort te sit.
Malema het wittes weer gewaarsku dat hulle die land se “gesteelde” rykdom moet teruggee, en dat onproduktiewe grond onteien moet word sonder vergoeding.
“Daar kan nie twee nasies – een vir die rykes en een vir die armes – wees nie.”
Hy het die wit gemeenskap weereens openlik gedreig en gesê hulle “veiligheid word deur die bemagtiging van die mense gewaarborg”.
Indien daar geen herverdeling van grond is nie, het Malema gewaarsku, sal daar ‘n “revolusie sonder leier” plaasvind, wat glo tot anargie sal lei.
Die waarheid is egter dat die opstande bekend as die Arabiese Lente gebeur het as gevolg van ‘n voedseltekort. Die gevolg van Malema se grondgryp sal ongetwyfeld voedselnood beteken.
Die EFF-leier het ‘n uitnodiging van die Kelvin Grove-klub, die Kaapse Persklub in Kaapstad aanvaar om sy jongste opswepery in die media te versprei.
“Ons mense sal nooit kom by die beloofde land uitkom as ons nie die grondvraag oplos nie, want jy is niks sonder grond nie.
“Jou grond is jou identiteit …. Daar is geen mens wat waardigheid kan hê as die mens nie eiendom het nie,” het Malema gesê wat sy gehoor ook sonder ironie vertel het dat die EFF Marxistiese beginsels nastreef wat geen eiendomsreg erken nie.
Malema het gewaarsku dat indien geen politieke party hierdie kwessie opneem nie, sal die grondlose armes opstaan en grond gryp, sonder om by te voeg dat hy sowel as die media en sy hanteerders hard daaraan werk om dit te laat realiseer.