Woolworths mislei glo verbruikers oor melk

Deel op

Woolworths, die handelsmerk wat nie graag wit Afrikaanse verbruikers wil raaksien nie, is weer in die moeilikheid, maar dié keer is dit nie oor rassisme en Boerehaat nie.

Die aktiviste groep Grass Consumer Action het die winkelgroep daarvan beskuldig dat hulle kliënte oor melk mislei en hul koeie wreed onthoring.

Skrywer en aktivis Sonia de Villiers het ‘n storm veroorsaak toe sy foto’s van Woolworths se melkbottels, gemerk met “vry om rond te loop”, geplaas het terwyl Woolworths se diere glo in skure gehou word.

Die etikette waarop staan “vry om rond te loop” is nie meer op die Ayrshire melkbottels nie, het die groep geskerm en gesê is vervang met ‘n nuwe etiket.

Woedende verbruikers op sosiale media het Woolworths beskuldig daarvan dat hulle nie organiese melk verkoop nie en verbruikers mislei.

Een het gesê: “Ek ry spesiaal na Woolworths (‘n halfuur se ry), want ek het geglo [hulle] melkery is beter.”

Woolworths het teruggekap en gesê organiese melk is nie so winsgewend soos gewone melk nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.