Kriel onder beleg weens oproer

Deel op

Inwoners van Kriel was Woensdag steeds in die dorp vasgekeer nadat oproermakers toegangsroetes versper het. Die plaaslike radiostasie het inwoners gemaan om in hul huise te bly weens die gespanne toestand.

Volgens ’n polisiebeampte het die polisie Maandag ingegryp toe honderde oproeriges na Kriel gestap het.

Motoriste moes Dinsdagmiddag buite Kriel op die R547-pad staan nadat lokasiebewoners van Thubelihle en Ganala die pad deur die dorp in die oggend met klippe en brandende motorbande onbegaanbaar gelaat het.

‘n Boer moes noodgedwonge sy grondpad oopstel om die verkeer deur te laat.

Skole is gewaarsku dat leerlinge skoolterreine nie moet verlaat nie tensy ouers hul kinders persoonlik kom haal.

Gewapende polisielede het die toneel gemonitor vir ‘n regeringsafvaardiging wat glo Woensdag sou opdaag om met die inwoners te onderhandel.

Woensdag is die derde dag dat inwoners betoog oor werkgeleenthede wat slegs aan buitelanders by Eskom gebied word.

‘n Ooreenkoms tussen plaaslike inwoners en Eskom asook die myne in die omgewing is vroeër bereik waarvolgens die plaaslike gemeenskap voorkeur sal kry vir poste.

Drie betogers het Dinsdag in die plaaslike landdroshof verskyn weens oortredings wat verband hou met die optog. Sers. Gerald Sedibe, polisiewoordvoerder, het gesê die verrigtinge is tot 29 September uitgestel.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.