China sal soldate in Suid-Soedan ontplooi

Deel op

’n Woordvoerder van die Verenigde Nasies (VN) se sending in Suid-Soedan sê China sal na verwagting ongeveer 700 vredesmagsoldate na Suid-Soedan ontplooi.

Dit sal deel vorm van die VN se Veiligheidraad se 2013-plan om militêre teenwoordigheid in dié land te verhoog.

Joe Contreras, woordvoerder, het Woensdag gesê die soldate het nog gearriveer nie en ’n finale besluit oor presies waar hulle ontplooi sal word, is nog nie geneem nie.

Ongeveer 350 Chinese militêre personeellede – meestal ingenieurs – dien reeds in die VN se sending in Suid-Soedan.

Suid-Soedan word sedert Desember 2013 deur etniese geweld geteister wat talle ontwortel het en die land se oliebronne bedreig.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.