Kettingbotsing by Villiers na veldbrand

Deel op

Digte rook weens veldbrande het Woensdag naby Villiers tot ‘n kettingbotsing gelei toe vragmotors, ’n minibus-taxi en motors gebots het en van die voertuie vlamgevat het.

Tussen Warden en Villiers het ‘n veldbrand sowat 10 km buite Villiers digte rookwolke oor die N3-hoofweg tot gevolg gehad.

Motoriste wat die kettingbotsing vrygespring het, het naderende motors gewaarsku – voordat die nooddienste opgedaag het – om nie die rookwolk binne te ry nie.

“Sommige motoriste het hulle eenvoudig nie aan ons gesteur nie en ten spyte van die ongeluk en swak sig net bly deurry. Ek het hulle nie weer sien uitkom nie,” het ‘n vrywilliger aan Netwerk24 gesê.

Die digte rook het veroorsaak dat hulp aan motoriste wat in die botsing betrokke was, bemoeilik is. Om sake te vererger het die vragmotors in die botsing se petroltenks vlamgevat en ontplof.

Die N3 is later vir verkeer gesluit en motoriste moes alternatiewe roetes volg.

Dit is steeds nie bekend hoeveel motors in die ongeluk betrokke was of hoeveel beseer is nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.