Swartes baklei oor wie mekaar ‘kaffer’ genoem het

Deel op

‘n Amerikaanse en ‘n plaaslike swarte baklei in die hof oor wie mekaar geslaan en ‘kaffer’ genoem het. Die plaaslike komediant TolA$$Mo is in ‘n hofgeding gewikkel met ‘n Amerikaanse swarte genaamd James Albert French en moes in Julie in die hof verskyn op ‘n klag van intimidasie ná insident by ‘n OTM in Melville.

As verweer het TolA$$Mo, wie se regte naam Mongezi Ngcobondwane is, beweer dat French hom ‘n “kaffer” genoem het. Hy het ook gedink dat French ‘n blanke was. Aanvanklik is die klag teen hom teruggetrek, volgens ‘n berig in die Daily Sun, die swart poniekoerant.

Ngcobondwane het aan die Daily Sun gesê: “As nog ‘n witman my ‘n kaffer noem, gaan ek hom moer.”

TolA$$Mo
TolA$$Mo

Maar op 28 Augustus moes TolA$$Mo weer in die Newlands-landdroshof in Johannesburg verskyn, toe die saak tot 19 September uitgestel is en sy borg van R1 000 verleng is. Dit blyk nou dat Ngcobondwane ook tydens hul woordewisseling ‘n vuurwapen op die Afro-Amerikaner afgevuur het. TolA$$Mo se gade, Mome, is insgelyks in hegtenis geneem op klagtes van crimen iniuria en aanranding wat met dieselfde voorval verband hou en sal op 19 September saam met haar man in die hof verskyn.

French het egter in die openbaar verklaar dat hy “‘n Amerikaner en ‘n trotse swart Amerikaner is, en dat die woord ‘kaffer’ nie deel van my woordeskat is nie. As ‘n swartman, is die blote gedagte dat ek ‘n rassistiese term teenoor ‘n ander swart persoon kan gebruik, absurd en geen ernstige kommentaar waardig nie.”

Hy beskryf die voorval as “‘n ongevraagde, gewelddadige rasse- en xenofobiese aanval op my en my metgesel, ‘n Asiese Amerikaner. Mome Ngcobondwane staan tereg op klagtes wat met dieselfde aanval verband hou. Nadat hy ‘n wapen op my afgevuur het, probeer my aanvaller nou om my karakter in die media deur middel van laster te skend, in ‘n desperate poging om sy onverdedigbare optrede te regverdig. Wat my voorkoms ook al mag suggereer, ek is as ‘n trotse swart Amerikaner grootgemaak.”

Intussen het die voorval tussen die twee “broers” ‘n taamlike beroering in liberale kringe veroorsaak en die gewoonlik antiblanke rubriekskryfster van die Daily Maverick, Sisonke Msimang, wy ‘n hele rubriek daaraan onder die titel Is TolA$$Mo the boy who cried ‘kaffir’? Volgens haar is dit “onwaarskynlik” dat French die woord “kaffer” sou gebruik het:

The wrinkle in the story is that the man Ngcobondwane allegedly shot his weapon at, and whom he claims called him kaffir – is black. And while it is theoretically plausible in an abstract sense, that a black person (even one from America where the South African term kaffir is not in use) might call another black person by a racial epithet, the reality is that the particular person in question seems unlikely to have done that. I happen to know French (although he is a relatively new acquaintance) so I may be biased – but I would be surprised if someone who was raised by civil rights activists would use a word like kaffir against another Black person.”

Ngcobondwane then goes on to suggest, “If one more white man calls me a kaffir, I’m going to moer him.”

This is a sentiment with which many black people in South Africa can identify. There is nothing quite like being called a kaffir. It takes the air out of your lungs, hits you in the solar plexus; stings your eyes and dries your mouth. You are at once ashamed and enraged – understanding that the word should have no power and yet feeling its force and weight in your pelvis and your knees and in the soles of your feet. Kaffir has the density of centuries; it is the color of blood and tastes like metal.

Msimang meen dat dit nie reg is vir swartes om die “rassekaart” teenoor mekaar te speel nie. Praag kon nie ‘n foto van James Albert French bekom om te sien of hy so ‘n ligte Afro-Amerikaner is dat hy in die donker deur TolA$$Mo vir ‘n blanke aangesien kon word nie. Dat TolA$$Mo summier op hom gevuur het omdat hy hom as blanke aangesien het, is ‘n ander faktor wat nêrens in die uitvoerige kommentaar op die voorval tot dusver, behandel is nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.