Kiëf verbreek skietstilstand

Deel op

Die lughawe naby Donetsk in die ooste van die Oekraïne wat deur die selfverdedigingsmagte beset is, is Maandagaand deur vuurpyle bestook, het die Oekraïnse weermag bekend gemaak.

Die lughawe is in Mei reeds ernstig beskadig in swaar gevegte. Maandagaand is dit vier keer deur mortiere en vuurpyle getref. Niemand is in die aanvalle beseer nie.

Dis een van talle verbrekings van die wankelrige skietstilstand wat Vrydag tussen die Kiëf-regering en selfverdedigingsmagte ná vyf maande se konflik onderteken is.

Die skietstilstand is in Minsk onderteken voor die NAVO-beraad in Wallis ten einde geloop het, nadat die Russiese president Wladimir Poetin ‘n vredesplan aangekondig het.

Dié vredesplan het die oorlogskoors wat NAVO teen Rusland in die Oekraïne stook gedemp, maar ontleders meen Kiëf sal ongelukkig aanhou om die skietstilstand te breek om die vredesplan te probeer kelder.

Indien die konflik aanhou, is die kanse dat NAVO sal toetree groter, sê hulle.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.