Islamitiese sentrum deursoek voor G20-beraad in Brisbane

Deel op

Die federale polisie van Australië het Woensdag ‘n klopjag op ‘n Islamitiese sentrum in Brisbane uitgevoer. Brisbane sal as die gasheerstad die G20-beraad huisves.

Owerhede wou nie kommentaar lewer oor waarom die klopjag uitgevoer is nie.

ABC het berig dat die broer van die man wat na bewering Australië se eerste selfmoordbommer in Sirië was, bande met die sentrum het.

Die klopjag kom slegs ‘n dag nadat spioenasiebaas David Irvine aangekondig het dat terreur nie geduld sal word nie.

Wêreldleiers sal in November in Brisbane vergader en die beraad sal ook gekenmerk word deur talle teenstanders en protes.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.