Wit ongelukslagoffer deur swartes beroof, mishandel

Deel op

Die slagoffer van ‘n ernstige motorfietsongeluk, ‘n 20-jarige man, is deur swart omstanders beroof en rondgesleep aan sy gebreekte arm.

Quinton Wagner, wie se pa vroeër vanjaar voor hom deur swartes in ‘n huisrooftog doodgeskiet is, veg om sy lewe in die hoësorgeenheid van die Milpark-hospitaal in Johannesburg, het Beeld berig.

Hy is Vrydagmiddag in Krugersdorp deur ‘n bakkie van agter getref op sy motorfiets.

Sowat 20 omstanders van ’n nabye minibus-taxistaanplek het op die ernstig beseerde Wagner toegesak, hom rondgepluk en 5 m van die ongelukstoneel die bosse ingesleep.

Sedert hy Vrydag in die hospitaal opgeneem is, het hy drie operasies ondergaan. Hy kan nie self asemhaal nie en is van ’n asemhalingsmasjien afhanklik, het bloed op sy longe, sy lewer is geskeur en ses van sy ribbe, sy regterarm en sleutelbeen is ook gebreek. Wagner se pankreas is beskadig en hy het beserings aan sy bene.

‘n Sakeman van Krugersdorp het die gru-toneel gadegeslaan. Hy sê die bloeiende jong man se regterarm was so erg gebreek dat die been by sy hemp uitgesteek het. Die swart aanvallers het hom nogtans aan sy gebreekte arm die bosse ingesleep.

Hy is deur sy kliënt wat by die ongeluk betrokke was, verwittig. Omdat hy nie te ver van die ongelukstoneel was nie het hy en ‘n vriend hul daarheen gehaas. Die swartes het hulle ook beroof.

“Ek kon my oë nie glo nie,” het hy gesê. “Ons het gesien hoe die seun aan sy arms gesleep word. Toe ons uit my bakkie spring, het van die rowers op ons toegesak. Die rowers het die seun se motorfietshelm van sy kop geruk. Die seun het op sy rugsak gelê. Die rowers het hom soos ’n stuk lap rondgepluk om dit te kry. Hulle het ook onder mekaar baklei om sy skoene af te pluk.”

Die Samaritaan sê die rowers het hom vasgehou toe hy by die slagoffer wou uitkom. Sy beursie en selfoon is afgeneem en sy kliënt is ook van sy selfoon en skootrekenaar beroof.

Polisievoertuie het verby die toneel gery en uiteindelik het net een vangwa opgedaag, nadat die polisie vroeër ontbied is.

“Die GPF [Gemeenskapspolisiëringsforum] het die pad afgesper sodat die nooddienshelikopter kon land. Toe die helikopter wou land, het die rowers gehardloop om op hulle toe te sak. Die GPF het hulle weggehou terwyl twee polisiebeamptes eenkant gaan sit het. Hulle wou nie eens verklarings neem nie.”

Ao. Solomon Sibiya, polisiewoordvoerder, kon Maandag nie kommentaar lewer nie. Hy het gesê niemand het hom van die voorval verwittig nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.