Swarte het gelieg oor ‘kaffer’-skelwoord van Kovsie-studente

Deel op

Toe die Bloemfonteinse streekhof gister die twee studente van die Universiteit van die Vrystaat, Cobus Muller en Charl Muller, van aanranding en poging tot moord vrygespreek het, het die hof ook die weergawe van Muzi Gwebu, die klaer, verwerp.

Gwebu se weergawe is tot dusver deur Jonathan Jansen, die regstellende-aksierektor van die universiteit, aanvaar aangesien hy die twee blanke Afrikanerstudente summier geskors het toe die saak aanvanklik rugbaar geword het. Volgens Gwebu het die twee studente hom doelbewus probeer omry en aangerand.

Uit die studente se getuienis voor die hof, wat deur die streeklanddros as geloofwaardig bevind is, het geblyk dat Gwebu hul bakkie laataand op 17 Februarie probeer steel het deur Muller agter die stuurwiel te probeer uitpluk. Blom het buite die bakkie gestaan en was besig om ‘n teksboodskap vir sy meisie op sy selfoon te tik. Die volgende oomblik het hy gesien hoe Muller en Gwebu op die grond stoei.

Muller het verskeie kere aan Gwebu gesê: “Los my of ek bliksem jou.” Hy het egter, anders as wat Gwebu agterna beweer het, nooit die gewraakte woord “kaffer” gebruik nie. Blom het vir Muller gehelp om van Gwebu ontslae te raak en dié het in die bosse weggesluip.

Toe Gwebu aanvanklik die klag van aanranding by die polisie gaan lê het, het hy nie eens melding van die gebruik van die woord “kaffer” gemaak nie, maar dit kennelik later as ‘n “strategie” bygevoeg. Dit het die gewenste uitwerking op die media, asook die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie, gehad, want daar is onmiddellik met ‘n grootskaalse propaganda- en haatveldtog teen die twee Afrikanerstudente losgetrek.

Lees ook:

PRAAG eis Jansen se bedanking en verskoning

Twee Kovsies vrygespreek ná ‘rassisme’-histerie

 

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.