Twee Kovsies vrygespreek ná ‘rassisme’-histerie

Deel op

Die twee studente van die Universiteit van die Vrystaat wat reeds deur die hoofstroommedia, asook die rektor Jonathan Jansen, aan ‘n “rassistiese poging tot moord” verhoor en skuldig bevind is, is vanoggend in die Bloemfonteinse landdroshof onskuldig.

Die twee studente, Cobus Muller en Charl Blom, is daarvan aangekla dat hulle op 17 Februarie 2014 vir Damane Muzi Gwebu (21) op die kampus van die Universiteit van die Vrystaat (UV) aangerand en dat Muller hom probeer doodry het. Streeklanddros Rasheed Matthews het hulle egter geheel en onskuldig bevind.

Die twee Kovsies het agterna gesê dat hulle “verheug” is oor die uitspraak, maar wou hulle nie uitlaat oor die moontlikheid om ‘n eis teen die UV in te dien nie. Hulle is intussen deur die universiteit geskors en verbied om hul “voete op die kampus te sit”.

Van hule studentevriende van die Armentumkoshuis het hulle vandag in groot getalle kom ondersteun.

Die twee studente is deur ‘n groot groep van hul Armentum-koshuisvriende ondersteun.

Hier is net ‘n klein gedeelte van die mediaberigte wat die onskuldige studente erg benadeel het en wat glad nie die sub judice-reël gehoorsaam het nie.

http://www.enca.com/south-africa/ufs-racist-duo-expelled-facing-attempted-murder-charges
http://m.timeslive.co.za/thetimes/?articleId=11076769
http://citizen.co.za/131379/attack-black-student-two-face-murder-charges/
http://m.sowetanlive.co.za/?articleId=12376348&sectionId=32
http://www.citypress.co.za/columnists/setback-ufs/
http://www.thenewage.co.za/133857-1018-53-Free_State_student_assault_victim_racist
http://www.dieburger.com/nuus/2014-07-29-student-gebruik-glo-k-woord
http://www.rapport.co.za/Suid-Afrika/Nuus/Kovsies-reel-byeenkoms-om-te-praat-oor-ras-20140222

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.