Studente saai verwoesting oor registrasiegelde

Deel op

Die Pietermaritzburg-kampus van die Universiteit van KwaZulu-Natal is gevandaliseer nadat studente oproerig geraak het.

Sewe studente is in hegtenis geneem nadat geweld uitgebreek het. Volgens ‘n woordvoerder van die universiteit, het die oproermakers lesings probeer ontwrig.

Klasse by die universiteit is ook nog nie hervat by die Westville-kampus nie nadat studente verlede week daar ook oproerig geraak het.

Die studente kla ondermeer oor die verhoging van registrasiegeld. Die departement van Hoër Onderwys het die Universiteitsbestuur intussen versoek om met die Studenteraad te vergader om die dooiepunt in die geskil op te los.

Die ministerie het die beskadiging van Universiteitseiendom tydens die oproer skerp veroordeel.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.