Morgan Stanley verlaag groeivooruitsig vir Suid-Afrika

Deel op

Die internasionale beleggingsbank Morgan Stanley het gister sy vooruitskattiong vir Suid-Afrikaanse groei in die bruto nasionale produk (BNP) tot slegs 1,3% vir vanjaar verlaag.

In die eerste kwartaal vanjaar het die ekonomie met 0,6% gekrimp, maar het in die tweede kwartaal tot 0,6% groei verbeter. Dit is egter steeds baie laag en sal geen indruk op die hoë werkloosheidsyfer maak nie.

‘n Ekonoom van Morgan Stanley, Michael Kafe, meen dat die voortdurende arbeidsonrus, swakker vooruitsig vir reële toename in lone, die verwagtinge van strenger krediet en moontlike verhogings in persoonlike belasting die oorsake van die laer groei is.

Hy verwag dat die BNP aanstaande jaar tot 2,5% groei sal verhoog, wat laer is as die vorige voorspelling van 2,8%, terwyl dit in 2016 “nie meer as 3%” sal wees nie.

Ook die Wêreldbank het onlangs sy vooruitsigte vir die Suid-Afrikaanse ekonomie afwaarts aangepas tot 2,7% van ‘n vroeër voorspelling van 3,2% af. Dié voorspelling was egter vóór die vyf maande lankge staking en ‘n daling in die land se kredietgradering van Standard & Poor, asook die bankrotskap van African Bank.

Die ander groot Amerikaanse graderingsagentskap, Moody, het ook intussen die land se groot banke afgegradeer in reaksie op die African Bank-debakel.

‘n Ekonoom van Citigroup, Gina Schoeman, is nie verbaas oor die afwaartse aanpassings in Suid-Afrikaanse groeivooruitsigte nie. Terwyl Citi tans voorspel dat die land teen 1,7% gaan groei, meen sy dat daar “aansienlike risiko na benede bestaan”.

Nog ‘n groot probleem is die hardnekkige tekort op die handelsbalans, wat weer na die betalingsbalans deurvloei. Volgens Barclays sal ‘n lopende rekening wat hoër is as die tekort van R161 miljard in die eerste kwartaal vir die rand baie negatief wees. Die rand is tans swakker op 10,74 teen die dollar, teenoor 10,70 wat die vorige sluitingskoers was.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.