Paniek heers na ja-stemmers in Skotland voortou neem

Deel op

Die verkiesing op 18 September vir Skotse onafhanklikheid oorheers die Verenigde Koninkryk na die deur-tot-deur veldtog aan beide kante verlede week nie meer ‘n dramatiese oorwinning vir die nasionalistiese leier Alex Salmond uitsluit nie.

Maak geen fout nie, die Britse regering is paniekbevange. Die land kan oor 12 dae uitmekaarval. Dit herinner aan wat gebeur het in Quebec in Oktober 1995, toe die ja-stemmers ‘n voorsprong op die laaste minuut bekom het.

Kanadese, wat die debat toe meestal geïgnoreer het, het daarna skielik besef dat hul land onherroeplik kan verander. Sewe dae voor die verkiesing, is ‘n byeenkoms in Montreal georganiseer deur ‘n minister van visserye op sy eie inisiatief. Dié byeenkoms het glo die nee-stemmers se bas gered.

Volgens Bloomberg, “kan die skuif na ‘n volstrekte meerderheid vir die ondersteuners van onafhanklikheid finansiële markte verder vertroebel na die pond verlede week verswak het toe die pro-Britse kant se ondersteuning vernou tot ses persentasiepunte.”

“Vir ‘n positiewe boodskap om soveel in ‘n maand op te skiet is heeltemal ongekend,” sê Matt Qvortrup, ‘n senior navorser by Cranfield Universiteit in Engeland en skrywer van “Referendums en etniese konflikte”. “Dit is ‘n baie revolusionêre ding in referendumterme. Ons sit aan die hooftafel van die geskiedenis,” het hy gesê.

Die nee-stemmers het op ‘n stadium met 22 punte voorgeloop, maar het die eerste plek intussen met twee persentasiepunte aan die nasionaliste oorhandig met 45 – 47.

Die koningin is glo diep bekommerd oor die skielike wending.

Rupert Murdoch het getwiet dat “meninsgpeilings [soos die een oor Skotse onafhanklikheid] wêreldwyd ontnugtering met politieke leiers en die ou instellings weerspieël en ‘n opening vir libertyne en ver-linkses skep”.

Skotland sal “meer kwesbaar word vir terroriste-aanvalle” in ‘n “baie gevaarlike en onseker wêreld” as hulle stem vir onafhanklikheid op 18 September, het die Britse premier David Cameron gesê.
 
Om deel te wees van ‘n eenheid [soos die VK] gee Skotte die beskermende voordele van ‘n deel van ‘n groter land, het Cameron aan verslaggewers gesê aan die einde van die Noord-Atlantiese Verdrag Organisasie se beraad in Newport, Wallis.
 
“Met terroristebedreigings en ​​ander bedreigings, is dit nie beter om deel van ‘n Verenigde Koninkryk te wees wat een van die topvyf verdedigingsbegrotings het nie, om een van die beste intelligensie- en sekuriteitsdienste ter wêreld te wees, wat deel is van elke enkele alliansie wat regtig saak maak in die wêreld soos NAVO, die G8, die G20, die Europese Unie, ‘n lid van die Veiligheidsraad van die VN?” het Cameron gesê. “Al die netwerke en vermoëns om te werk met bondgenote om ons veilig te hou. Is dit nie beter om dié dinge te hê as om jouself daarvan af te sonder nie?”

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.