Skoonste hotelkamers is in Tokio, maar Londen is vuil!

Deel op

Die stereotipe dat Japannese baie skoon mense is, is gestand gedoen deur ‘n wêreldwye opname oor hotelkamers in groot stede. Tokio het die hoogste punt behaal met 8,93/10.

Ander stede wat hoë punte behaal het op die webblad hotel.info, is Warskou in Pole met ‘n gemiddelde punt van 8,76, ‘n kortkop voor ‘n ander Oosterse stad, Seoel in Suid-Korea. Bratislawa in Slowakye het ook baie goed gedoen op 8,54, gelykop met Sofia in Bulgarye.

Afrikaners se gereelde klagtes dat Wes-Europeërs nie danig skoon mense is nie, word bevestig deur die lae punte wat Wes-Europese hotelle aangeteken het: Londen, Engeland (7,52), Oslo, Noorweë (7,53), Amsterdam, Nederland (7,58) en Kopenhagen, Denemarke (7,60).

Die groot stad met die vuilste hotelle is egter Rio de Janeiro wat slegs 7,29/10 behaal het.

Die stad ter wêreld wat die meeste besoekers jaarliks lok, Parys in Frankryk, het net effens beter as die vuil man van Europa, Londen, gevaar met 7,63.

Hotel.info het die graderings van hotelle se netheid gegrond op inligting wat deur meer as 6 miljoen van sy gebruikers verskaf is.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.