Nederlandse Vermeulen ontdek ‘n groter werklikheid in Suid-Afrika

Bram Vermeulen, die Nederlandse joernalis van “het jaar 2009” het pas ‘n lesenswaardige boek gepubliseer oor sy ervaringe as buitelandse korrespondent van die NRC Handelsblad, die NOS TV Joernaal, die VRT asook die Nederlandse Wereldomroep.  Die boek is getiteld Help, Ik Ben Blank Geworden en is uitgegee deur Promethius/NRC Handelsblad Amsterdam/Rotterdam (241 paginas).
“Na 1994 zou alles beter worden. Iedereen zou een huis krijgen, een baan, een beter leven. Armoede is in Afrika alleen maar groter geworden in de afgelopen jaren” (124, 125p.).

helpikbenVermeulen kom na SA met ‘n tipiese linkse geestesinstelling, assosieer sterk met die sg. onderdrukte swartes, maar word oor tyd “ongeneeslijk blank”. Hoe dieper Vermeulen in die problematiek tussen wit en swart delf, hoe meer het “Zwarte vlekken in mijn integratiedroom” (p. 60) vorm aangeneem. In Nederland het Vermeulen nooit blank gevoel nie, maar “in Afrika was ik ongeneeslijk blank geworden)”(p. 61). Blank beteken in Afrika soveel meer as alleen die kleur van die vel, ontdek hy (p. 62). Hy siteer ‘n blanke wat verklaar dat “wij (de blanken) en zij (de zwarten) verschillen van elkaar zoals de dag van de nacht en dat zal nooit veranderen” (p. 131).

Vermeulen kyk terug op sy verslaggewing van insidente oor sewe jaar en kom met betrekking tot die moorde tot die gevolgtrekking dat hy toe “onzin had uitgekraamd” (p. 65).
Op soek na die waaroms van die moorde probeer Vermeulen grotere vrae te vra en te beantwoord oor die situasie van die blankes in die suide van Afrika, sedert 1993. Sekondêre temas wat aan die orde kom is:

  • Swart-op-swart geweld.
  • Die tragiek van Zimbabwe.

Die geestelike ommekeer wat Vermeulen maak is dat, in plaas daarvan dat hy integreer met die swart massas – die hoofdoelwit van sy koms – hy verder wegdryf en sy blankheid ontdek. Hy tipeer dit so:

“… ik haalde mijn doelstellingen niet. … ik integreerde niet … ik dreef er steeds verder vandaan. Ik faalde zoals Johan (Nel) had gefaald. Ik bleef proberen, telkens weer, totdat ik zeker wist dat mijn falen niet te vermijden was.” (p. 49).

Die oorhoofse gevolgtrekking waartoe Vermeulen kom is dat die toenemende rassisme in SA sedert 1993 die direkte resultaat is van die brutale plaasmoorde, xenofobie teen buitelandse swartes en verkeerdstellende aksie (affirmative action). Blank en Swart in Suider-Afrika verteenwoordig twee mekaaruitsluitende beskouings oor die lewe, oor private eienaarskap van grond en van besittings. In Afrika word anders na geld gekyk as in Nederland (p. 191). In die Westerse kultuur draai alles om die individu, maar in Afrika gaan dit om die groep, haal hy Jacob Zuma aan (p. 202). Daar is ‘n reaksionêre element teenwoordig: blanke rykdom teenoor onoplosbare swart armoede en die feit dat private grondbesit by die swartes se kaart en transport geleë is in familiegrafte.

“Als het op gerechtighied aankwam, lagen de ideëenwerelden van blanken en zwarten mijlenver uit elkaar.” (p. 209)

Hy kom tot die gevolgtrekking dat “echt opgaan in een andeere cultuur, assimileren, integreren of wat voor een naam politici er ook aan geven, onmogelijk is” (p. 237).

Vermeulen eindig sy boek met ‘n dag-tot-dagbeskrywing van die hofsaak en veroordeling van Johan Nel tot 76 jaar gevangenisstraf vir elf aanklagte van poging tot moord en verbode wapen en ammunisiebesit. Hy skryf dat “iedereen in deze rechszaal creëert zijn eigen waarheid” (p. 230).

Vermeulen gaan akkoord met dr. Irma Labuschagne se gevolgtrekking in die hof dat in Johan Nel se getraumatiseerde wêreld hy sy greep op die werklikheid verloor het. Die skrywer vind dit jammer dat die geweldskonteks in die lewe van Johan Nel nie genoegsaam in die hofsaak beklemtoon is nie.

Die woede van Johan Nel wat stelselmatig in sy kop opgehoop het, hou direkte verband met fisiese aanslae op sy gesin en vriende. Vermeulen verwys na die geheime taal van swart aanvallers op blanke gesinne (p. 78). Daar is plastieksakke aan bome opgehang. ‘n Blik aan ‘n boom het ‘n boodskap verraai.

“Een platte steen betekende dat die boeren sliepen. De kleur roodt betekende: gevaar, pasop de boer is gewapend en zal zich verzetten.” (p. 79)

Vriende van die Nels se huis is oornag gestroop (p. 79). Misdaad was nie ‘n klassestryd nie, maar ‘n industrie (p. 90). Vermeulen tipeer die fisiese aanslae op mense as “beestachtig” en “pervers”(p. 92). Johan Nel se broer is aangehou terwyl die Nels in die kerk was. Johan Nel is self op die plaas met ‘n sekel aangeval. “Iets in Johan Nel is gewoon geknapt”(p. 101), skryf Vermeulen. Van die twee duisend boere wat sedert “de komst van de democratie … waren vermoord, kwamen er vijf uit Swartruggens” (p. 136).

Wat xenofobie betref, skryf Vermeulen dat swartes op ‘n goeie nag van huis tot huis aanklop, van die inwoners verwag om sekere kodewoorde korrek te gebruik en indien hulle nie die tradisionele begrippe kon gebruik nie, dan summier doodgemaak is (p. 122). Derhalwe het vele Suid-Afrikaanse swartes hulle lewe ingeboet.

Zimbabwe is tipologies van die eliminasie van die witman. By onafhanklikheid op 18 April 1980 was daar 250 000 blankes in Zimbabwe wat vandag na 25 000 gekrimp het (p. 149). Die enigste verskil tussen toestande tans in SA vergeleke met Zimbabwe is 14 jaar, skryf Vermeulen (p. 149). Die waarheid is dat daar geen metode is waarvolgens blankes in ‘n groeiende diktatuur kan oorleef nie, haal hy ‘n blanke Rhodesiër aan (p. 158).

Die algemeen verslegtende toestande in SA word treffend deur die skrywer toegelig.

“Het water in de rivieren was vies en vrot. De boeren sproeiden nu ontlasting van de omliggende dorpen op de tamaten, uien en cool”(p. 130).

Die skrywer siteer boere wat verklaar dat voor die koms van die witman hier niks gaande was nie. Die swartes het met hulle blote “konte” rondgeloop (p. 131).

Betreffende die slepende Boeremagsaak rapporteer Vermeulen dat die groep geïnfiltreer is deur die veiligheidsdienste.

“Het was deze infiltrant die de naam Boeremag had verzonnen en de verdachten aanspoorde met de bommen-campagne te beginnen” (p. 177).

Die waarde van Vermeulen se boek lê daarin dat die verskil tussen wit en swart nie ‘n kwessie van pigmentasie is nie, maar dat pigmentasie saamval met twee mekaar-uitsluitende sosiale ordes wat in een en dieselfde staatsverband onverenigbaar is. Die vraag bly onopgelos hoe twee gemeenskappe – Wes-Europees teenoor Afrikasentries – met twee verskillende staatsidees vreedsaam deurmekaar in een en dieselfde staat kan bly bestaan.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Trippie

    Uitsekende rubriek Christo !

    Ja, mag meer “Vermeulens” se oge oopgaan, nie net in Suid-Afrika nie, maar wereldwyd.

  • Andy

    Graag skaar ek ook my stem by die van Trippie.
    Puik stukkie rubriek. Dankie daarvoor.
    Dit help ons egter nou nog niks om die probleem op te los nie, dit VERLIG of DEFINIEER die situasie net meer, en help oningeligtes om moontlik die lig te sien opgaan.

  • Hans Onrust

    “Blank en Swart in Suider-Afrika verteenwoordig twee mekaaruitsluitende beskouings oor die lewe, oor private eienaarskap van grond en van besittings.”

    Gooi daar het gebrek aan persvrijheid en vrijheid van religie bovenop en het is een kleine stap naar de ons, mede dankzij Solzjenitsyn, bekende verderfelijke wereld van de moordende Bolsjewieken vanaf oktober 1917, die deze drie componenten wel aanwezig onder Nicolaas II !!!!, de nek omdraaiden terwijl schoft Lenin blèrde ‘laat de volken maar mengen’ en ijverig startte met miljoenen moorden.

    – Het soort Godsdienstvrijheid wat nou geldt wordt voor het grootste deel bedreven binnen ontheiligende kaders zoals kennelijk mondiaal verder geprefereerd onder duivelsgezant bergoglio en de schamele protestant is erin gedwongen zijn ware naaste te laten verleppen en mee te kwetteren in verafgoding van zorgvuldig uitgekozen bedriegers.

    – Persvrijheid is een afgekloven en uitgehold begrip o.l.v. anc sakp en buitenlandse krachten met een betonnen Naspers gedrocht als ‘marktleider’.

    – Privaatbezit wordt als praktische gewoonte op dagelijkse basis geschonden en bedreigd en heeft i.g.v. Plaasmoord als deel van volkenmoord op de Boere alleen aandacht als er na moordnummer duizend zoveel weer wat verdeeld kan worden in deze schurkenstaat.

    En in Nederland is het onder bedenkelijke kreten al internationale samenwerking zoals u bekend al niet veel beter zij het dat de bejaarden die hier met hard werken en afzien het land opbouwden na WOII worden doodbehandeld in verschrikkelijke staatstehuizen i.p.v. worden doodgemarteld in hun met bloed zweet en tranen bijeengeharkte boerderijen in de Oranje vrijstaat.

    Dat nou notabene een schaterende hofnar als Gerard Joling, waarschijnlijk ook uitgekeken op de Gay parade als quasi onschuldig zottenfestival, op het podium springt en de buik vol heeft van de opgelegde valse vernietigende naastenliefde en ijskoude promotie van zogenaamde andere culturen, zelfs uitgeprocedeerd illegaal en crimineel en die zoveel verzwegen slachtoffers bracht en malafide gaykrant Henk de 50+ ers poogt te redden en moet toch bellen doen rinkelen : ik hou er zo van ?!?!
    Nou ja, er gloort wankele fragiele hoop, nu de PKN deze week koning Willem nog eens het bestaan van God heeft herinnerd. Hen ken ik alleen van de eenogige erkenning en opgelegde oplegging van schuld voor ‘ons’ slavenverleden.

    http://www.telegraaf.nl/prive/23050859/__Gerard_Joling_is_boos_op_politiek__.html

  • Rooikop

    Vermeulen het eintlik maar die geweldig kloof tussen die kulture waargeneem en ook hoe hierdie kloof nie oorkombaar is nie.