NAVO saboteer vredesproses in Oekraïne

Deel op

NAVO misbruik die Oekraïense krisis as ‘n verskoning om sy militêre teenwoordigheid nader aan Rusland se grense uit te brei en planne vir ‘n nuwe vinnige reaksiemag sal die vredesproses in die ooste van die Oekraïne saboteer, het die Russiese Federasie gesê.

Rusland se voormalige NAVO-gesant, Alexander Grushko, het NAVO intussen ook daarvan beskuldig dat die VSA “probeer om die finansiële las van die handhawing van NAVO op sy bondgenote af te laai”. Sonder ‘n groot inspuiting van fondse en ‘n nuwe doelwit is NAVO gedoem aangesien die alliansie se bemoeienis met die Midde-Ooste ‘n fiasko gebaar het in lande soos Libië.

​​Ten minste 4000 troepe sal in die reaksiemag dien wat deur NAVO goedkeur is.

“Die [uitbreiding]planne deur NAVO word al vir ‘n lang tyd voorberei, en die onlangse gebeure het as ‘n verskoning gedien om dit te laat realiseer,” het die Russiese ministerie van buitelandse sake in ‘n verklaring op hul webwerf gesê, na aanleiding van ‘n besluit by die NAVO-beraad in Wallis.

“Saam met die retoriek by die beraad, en die beplande militêre oefeninge voor die einde van die jaar, sal hierdie spanning verhoog, die ontluikende vredesproses destabiliseer, en ‘n verdere uitbreiding van die konflik in die Oekraïne tot gevolg hê,” het die ministerie se verklaring gelui.

“Die bogenoemde is ook bewys van NAVO se onvoorwaardelike steun vir die ekstremiste en neo-fasciste in Kiëf, insluitend die Regse Sektor se politieke beweging,” het hy beklemtoon.

Tydens die twee-dag-beraad, het die 28 NAVO-lidlande op die skepping van ‘n vinnige reaksie-eenheid van ten minste 4000 besluit. Dié mag sal in minder as 48 uur in Oos-Europa ontplooi kan word.

Die primêre rede vir die inisiatief is glo “Rusland se aggressie teen die Oekraïne”. Die Oekraïene was voorheen deel van Rusland en word beskou as die oorsprong van die Slawiese kultuur.

Grushko het die uitgediende “Koue Oorlog-denke” veroordeel en gesê die geskiedkundige 1997-ooreenkoms waarin Moskou en Brussel amptelik verklaar het dat hulle nie meer “teenstanders” is nie, word hierdeur ondermyn.

In ‘n TV-onderhoud, het Grushko gesê dat NAVO ‘n verhoogde teenwoordigheid van NAVO-skepe in die Oossee en Swart See gelas het wat die vlak van vertroue om potensiële brandpunte op te los, vernietig het.

Grushko het ook die beplande NAVO-Oekraïne-oefening ‘n “provokasie” genoem want “buitelandse troepe sal in ‘n land opdaag wat teen sy eie mense veg”.

Die oorlog wat Kiëf teen Russiessprekende minderhede in die land verklaar het, het Rusland vroeër genoop om humanitêre hulpkonvooie na die oorlogsgeteisterde ooste te stuur.

“NAVO moet geen rol in die Oekraïense konflik speel nie,” het die amptenaar gesê aan die Rossiya-24-netwerk.

Verenigde State van Amerika se president het Vrydag gesê dat die VSA en die Europese Unie voortgaan met sanksies teen Rusland ten spyte van die ondertekening van ‘n skietstilstand-ooreenkoms.

Barack Obama het in Newport, Wallis aan die einde van ‘n NAVO-beraad gesê hy is skepties oor ‘n vredesverdrag wat deur verteenwoordigers van Kiëf, Lugansk en Donetsk slegs ure vroeër in Minsk onderteken is, en het gesê die VSA van voorneme is om voort te gaan met nuwe sanksies.

Die aankondiging van bykomende sanksies teen Rusland deur die Europese Unie is ‘n direkte ondersteuning van Kiëf se “Oorlogsparty” het Rusland se ministerie van buitelandse sake Saterdag gesê.

“Die Europese Unie het getoon dat die owerhede steeds in ‘n politieke fantasie leef, en hulle verskaf byna direkte ondersteuning aan die Oorlogsparty in Kiëf, wat nie tevrede is met die uitkoms van die Minsk-vergadering nie,” het die ministerie gesê.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.