6 September 1966 was ‘n dolk in die Afrikaner se hart

Die ideaal is sterker as die werklikheid
– Dr HF Verwoerd

Die moord deur die geldmagte op dr Verwoerd op 6 September 1966 deur middel van die “mal” Demetrio Tsafendas is in die afgelope 48 jaar slegs deur enkele Afrikanernasionaliste onder die soeklig geplaas. Sogenaamde regse en konserwatiewe leiers het dit, soos die liberale media, afgemaak as die enkeloptrede van ‘n mal man. Van hierdie leiers se optrede was natuurlik berekend omdat hulleself ‘n vername rol in die moord op dr Verwoerd gespeel het.
Die impak van hierdie daad is nog nooit behoorlik verreken deur die Afrikanervolk nie. 6 September 1966 het nie maar net ons volk se grootste leier verwyder nie, maar was ‘n berekende hou om die idealisme van die Afrikanervolk te vernietig. Nou, na bykans vier dekades is min van die idealisme wat dr Verwoerd verteenwoordig het, sigbaar. Berekend is te werk gegaan om elke instelling te infiltreer en ons psige te rysmier sodat ons vandag ‘n ongekende krisis in ons volk se voortbestaan beleef.

gregan_sydneySelfs al sou dit vandag openlik erken word dat:

  1. Dr Verwoerd se moordenaar gebreinspoel was deur ‘n Joodse psigiater in die Brighton Hospitaal in Brittanje;
  2. Hy die opdrag van hierdie Jood gekry het om dr Verwoerd juis op 6 September 1966 te vermoor, ‘n datum met omvangryke betekenis vir die Vrymesselaars;
  3. Dit ‘n mylpaal was vir die geldmagte in die uiteindelike vernietiging van ons volk;
  4. (bogemelde wat in klippe uitgekap kan word), sal die gewone Afrikaner dalk reageer met die opmerking: “So what!”

Ja, so geweldig het die demoniese magte besit en beheer van ons volk se siel gekry dat niemand meer omgee wat die waarheid oor hierdie gebeure is nie. So sterf ‘n volk se idealisme dag vir dag in die aanwesigheid van ‘n waardelose alternatiewe kultuur wat aan hom opgedis word en waarvan hy geen oomblik wil misloop nie. Dat hierdie alternatiewe mismaaksel van ‘n kultuur juis deur hierdie bose magte aan hom opgedring word, het totaal by die Afrikaner verbygegaan. So erg het dit geword dat hierdie vyand nou toegejuig word vir elke nuwe truuk wat hy voortbring en ons dit met bewondering aanskou ten spyte van die feit dat dit ons knegskap herbevestig.

Nou word gesien dat die Christelike godsdiens by Afrikaanse openbare skole opnuut in die spervuur geplaas word. Tog interessant, net Afrikaanse (openbare) skole word geteiken. Dat Christene nou verwoed wal gooi getuig weliswaar van ‘n mate van verset wat nog rugbaar is by ons mense. Maar hierdie aanslag is op 6 September 1966 begin en is die stryd in 1994 verloor toe ons volk agter die verraaier FW de Klerk aangehardloop het en ‘n menseregte akte aanvaar het as hulle reddingsboei in die nuwe Suid-Afrika. Nou word gesien dat ons regte in die werksplek niks meer beteken nie, ons eiendomsreg waardeloos is, ons taal geen gelyke behandeling meer kry nie, ons kultuur lankal tot die ashoop verdoem is. En die akte van menseregte kon niks vir ons heil doen nie. Solidariteit se TV-spoke ten spyt. Hoe op aarde dink mense dat hierdie stukkie waardelose papier wat ‘n grondwet genoem word hulle godsdiens gaan beskerm? Wanneer sal mense verstaan dat die grondwet juis die grootste aanvalswapen teen ons is?

Dit is bemoedigend om te sien dat die vlam van verset nog brandend is. Waaroor mense nou ingelig sal moet word, is dat die aanslag teen ons baie meer omvattend is as wat hulle besef. Dit is nie maar enkelinge wat hier en daar op ‘n ad hoc basis probeer om die Afrikaner te verneder nie. Dit is alles deel van ‘n groter plan om die Afrikaner uit te wis. Eers as dit ingesien word, kan die as van die kole gevee word en sal nasionalisme weer opbloei in hierdie land.

Daar is tog ‘n groter ideaal om voor te lewe in ‘n land as net die eie ek. Daar is tog ‘n volk wat, alhoewel hy baie gebreke het, ‘n reg het op sy eie land, taal, kultuur en geskiedenis. Ons het ons nog nooit groot opgestel in die galery van volke nie, maar was ons uitgangspunt tog altyd: Leef en laat leef. Nou word ons volk se lewe op die spel geplaas. Die oproep is dus: Besin, en besin deeglik. Besin nie net oor regstellende aksie en godsdiens by skole nie, maar besin oor die totale aanslag teen ons volk. Eers dan sal werklik ingesien word watter teenoptrede nodig gaan wees om die aanslag af te slaan.

Dr Verwoerd was dalk die grootste leier wat daar ooit was. Hy was so volkome soos ‘n mens maar hoop om te kan wees. Was daar enige leier wat meer respek vir die swartman en sy behoeftes getoon het? Was daar énige ander leier wat die insig en visie getoon en gehad het wat hy gehad het? Was enige van ons volksleiers dapperder in die aangesig van die vyand?

Ons herontwaking as volk kan net begin by die respek en waardering wat ons betuig vir daardie man der manne wat op 6 September 1966 vir sy volk moes sterf. Daardie respek sal ons volk se selfrespek herstel. Want net ‘n volk met selfrespek kan hom voor sy vyande betuig.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.