Regering se grondgrypplan gaan voort

Deel op

Die minister van grondhervorming, Gugile Nkwinti het vroeër gesê dat die regering sal voortgaan met die plan om die omstrede grondhervormingsbeleid in te stel.

Hy het in Boksburg aan die Oos-Rand by ‘n beraad oor grond en eiendomsreg gepraat.

Die ANC stel in sy beleidsdokument voor dat plaaswerkers die helfte van die grond van boere wat hulle as werknemers aanhou, moet oorneem.

Die regering sal luidens dié voorstelle die koste van die oordrag van grond dra.

Die landbou-unie, AgriSA sê die kwessie van grondhervorming skep onsekerheid in die landbousektor.

Die adjunk-president van die unie, Theo de Jager sê dat die uitvoering van die beleid maak boere senuweeagtig en nie die beleid as sodanig nie.

Hy sê die unie ondersteun grondhervorming, maar dat die proses kan skeefloop indien dit nie behoorlik bestuur word nie.

De Jager het gesê vennootskappe tussen privaatondernemings en die staat moet as alternatief ondersoek word

Hy het gesê die gevaar bestaan dat voedselsekerheid in die gedrang kan kom.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.