Sapa herhaal naakte Amerikaanse propaganda

Sapa het Vrydag naakte Amerikaanse en NAVO-propaganda herhaal waarin “berig” word dat “strawwe maatreëls” teen “Russiese aggressie” teen die Oekraïne ná die NAVO-beraad in Wallis sal volg.

Amerika en die Europese Unie gaan na verwagting nuwe gekoördineerde sanksies teen Rusland aankondig. Dit gaan beperkings insluit op van die land se belangrikste energiemaatskappye, sowel as reisbeperkings.

Die sanksies word teen die Russiese president en sy raadgewers en vertrouelinge gemik. Die VSA is tans druk besig met ‘n koverte destabiliseringspoging teen Rusland en Oos-Europa.

Paul Craig Roberts, een van Praag se bydraers en ‘n voormalige ekonomiese raadgewer van Ronald Reagan, sê hy het van hoë amptenare in die Amerikaanse administrasie verneem dat Europese politici deur Washington met geld omgekoop word om ‘n Amerikaanse agenda te dryf wat teen die belange van hul lande en kiesers indruis.

Ben Rhodes, adjunk-nasionale raadgewer vir die Withuis, het Rusland gewaarsku dat die Amerikaanse aanslag vorentoe net feller sal word.

Die sekretaris-generaal van NAVO, Anders Fogh Rasmussen, het op sy beurt gewaarsku dat Rusland “die grootste bedreiging vir Europa inhou sedert die Koue Oorlog”, ten spyte daarvan dat die VSA vir die militêre opbou in Europa verantwoordelik is.

NAVO, ‘n verlengstuk van die VSA, hoop om ‘n oorlog op die vasteland teen Rusland te ontketen.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.