Ondersoekverslag van MH17 eersdaags bekend

Deel op

Ondersoekers in Nederland het aangekondig dat ’n voorlopige verslag eerskomende Dinsdag bekendgestel sal word oor vlug MH17 van die Maleisiese lugdiens wat in die ooste van die Oekraïne neergestort het.

Daar het 298 passasiers het in die lugramp omgekom.

“Die voorlopige verslag sal feitelike inligting bevat wat ontvang is van bronne wat aan die Nederlandse Veiligheidsraad beskikbaar gestel is,” het ondersoekers in ’n verklaring gesê,

Die langverwagte eerste verslag sal nie tydens ‘n mediakonferensie vrygestel word nie. Nederland en Brittanje het die inhoud van die vlugopnemers ondersoek.

Nederland is glo in beheer van die ondersoek wat in die VK plaasgevind het. Die ondersoek is onderneem om te bepaal hoe Boeing 777 op 17 Julie 2014 bo die konflikgeteisterde Oekraïne afgeskiet is en almal aan boord – insluitende 193 Nederlandse burgers – dood is.

Dit is nie duidelik wat Brittanje se rol in die ondersoek is nie, aangesien hulle soseer geraak is deur die ramp nie.

Beeld het die lugramp as ‘n “voorval” beskryf.

Westerse lande het die lugramp intussen as verskoning gebruik om Rusland aan te val en ‘n militêre operasie teen Russiessprekende inwoners in die ooste van die Oekraïne te loods om hulle te verdryf uit die land.

Meer as 150.000 vlugtelinge het oor die grens na Rusland gevlug nadat die VSA en NAVO die operasie gesteun het waarvan die dodetal aansienlik hoër is as die onlangse Israelse aanval op Gasa.

Rusland het intussen data vrygestel wat die vinger wys na die Oekraïnse magte se betrokkenheid by die lugramp.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.